ANC Central Number
Click to join the ANC
African National Congress

AFRICAN NATIONAL CONGRESS

SOUTH AFRICA'S NATIONAL LIBERATION MOVEMENT

back

Author : Nelson Mandela

Toespraak deur President Nelson Mandela tydens `n besoek aan die Afrikaanse Taal En Kultuur Vereniging (ATKV)

17 Augustus 1995, Worcester

Geagte Voorsitter; Dames en Here; Vriende

Dit is inderdaad vir my `n besondere voorreg om u vandag te kan besoek. Onder andere omdat ek die geskiedenis van die ATKV al vir jare met groot belangstelling volg. Daar is min dinge wat so inspirerend is as mense wat hulle moue oprol en hulle self help.

Hierdie is natuurlik nie my eerste ontmoeting met Afrikaners en hul organisasies nie. Dit het lankal vir my duidelik geword dat die Afrikaner gemeenskap nie homogeen is nie en dat daar uiteenlopende opinies en benaderings is. Tog is daar by al die organisasies wat ek ontmoet het wel een opwallende aspek, en dit is die liefde van al hierdie groepe vir die Afrikaanse taal.

Ongelukkig was daar `n tyd wat ek oor `n afstand, en met gemengde gevoelens, na die Afrikaner se aktiwiteite om die Afrikaanse taal te bevorder moes kyk. Aan die een kant was daar respek en waardering vir wat hulle besig was om te doen vir die bevordering van die Afrikaanase taal en kultuur. Maar aan die ander kant was dit duidelik dat dit ten koste van die ander tale en kulture van ons land plaasgevind het.

Dit is tragies hoe apartheid daarin geslaag het om mede Suid-Afrikaners vir mekaar vreemdelinge te maak. Maar daar is `n ou Afrikaanse gesegde wat lui: "Bekend maak bemind". Soos wat ons mekaar in gesprekke soos hierdie leer kan het, het die beoof by my gegroei dat daar baie raakpunte is tussen die Afrikaner en die bevrydingstryd van die meerderheid van Suid-Afrikaners.

Dit was nog altyd my sterk oortuiging dat Afrikanermense nie inherent rassiste of onderdrukkers is nie. Veel eerder as apartheid is die strewe na vryheid `n essensiele kenmerk van die Afrikaner se wese. Daarom het ek al vele kere verklar dat die Afrikaanse kultuur en Afrikaanse taal al hoe meer `n belangrike bevrydende bydrae in ons land moet maak.

Dames en Here;

`n Mens word beindruk deur die ATKV se erkenning van die belangrikheid dat die verskillende kulturgroepe deur middel van skakeling en kommunikasie mekaar moet leer ken. Hulle sal kan put uit die rykdom wat opgesluit le in die verkillende kulture van ons land. U is heeltemal reg om daarna te verwys as belangrike boustene vir blywende vrede en suksesvolle nasiebou.

Ek het vroeer gese dat ek respek het vir die wyse waarop u as kulutele organisasie uself gehelp het. In die vyf-en-sestig jaar van u bestaan het u wye ondervinding opgedoen met die ontwikkeling en administrasie van `n groot verskeidenheid kultuurbevorderende projekte. Die kundigheid wat u met hierdie projekte opgebou het, kan ook van groot waarde wees in die bevordering van die verskeidenheid van kulture en tale in ons land - veral die wat onder apartheid geminag en onderuk is. Tog wil ek die benadruk dat dit sal moet gebeur op `n basis van gelyke samewerking.

Dit het my opgeval dat die ATKV al by herhaling gese het dat daar by sommige minderjeodsgrpe[e doe vrees bestaan dat daar `n sogenaamde `uitsluitende taalbeleid` sal wees onder andere in die Staatshuishouding en oor die radio en televisie.

Wanneer `n mens sulke menings hoor is die eerste vraag wat onwillekeurig opduik, of u dan wil ontken dat Afrikaans `n bevoorregte posisie gehad het in die verlede. Daarom is dit vir my verblydend dat die ATKV dit onlangs al hoe duideliker begin stel het dat u erken dat Afrikaans wel bevoorreg is gedurende die apartheid era. Dit is vir my nie `n probleem dat u daarmee saam benadruk dat Engels ook bevoorreg is nie. Want enige persoon wat eerlik oor hierdie sake is, moet dit erken.

Soos u uit my vorige opmerkings oor die Afrikaanse taalstryd kon aflei, het ek ook begrip vir die vrees wat u al vele kere uitgespreek het dat Engels ten koste van Afrikaans bevorder sal word.

Tog wil ek u verseker dat dit glad nie my regering se doestelling is nie. Net so min as wat u wil he dat Afrikaans vordring moet word, wil ek nie my eie moedertaal Xhosa in `n minderwaardige posisie sien nie. Die beskerming en bevordering van al die tale in hierdie land, is die onwrikbare beleid van die Regering van Nasionale Eenheid en van die ANC. Ek wil u verseker dat ons nie hieroor hoef te redeneer nie: u het my versekering dat Afrikaans as taal van hierdie land berskerm en bevorder sal word.

mdat Afrikaners mag gehad het, is Afrikaans bevoordeel en bevorder en dit het gegroei tot `n sterk letterkundige, wetenskaplike en akademiese taal. Maar wat die taal bereik het, is `n prestasie vir ons hele nasie en in ons pogings om ander tale te ontwikkel en gelyk te stel, moet ons versigtig wees om nie te vernietig wat Afrikaans as taal bereik het nie.

Ons moet `n praktiese balans vind, wat erkenning en respek aan al die tale in ons land sal bied. Ek moet van kultuurorganisasies soos die ATKV hulp vra met hierdie ingewikkelde en delikatge taak. Ek vra u om nie die emosies van die taalkwessie uit te buit nie. U sal die saak van u taal en u kultuur baie dien deur `n groothartigheid van gees - "generosity of spirit" - aan die gdag te le. Om net te eis, bemoeilik die taak en skep `n indruk van selfsugtigheid, wat Afrikaans net skade kan doen. Om saam te werk en daadwerklik te bewyus dat u besorgd is oor die regte van ander tale, sal ons almal se taak vergemaklik.

Afrikaans is `n taal wat uit die bodem van Suid-Afrika gegroei en ontwikkel het, gevoed deur die verskeidenheid van tale en kulture in ons land, gewortel in die soeke na eie identiteit en vryheid. Sy krag en hoop op die toekoms was nog nooit spesiale bevoorregting nie; maar as een van die tale van Suid-Afrika wat skouer aan skouer tesame met die ander tale met respek en gelyke regte die toekoms tegemoet moet gaan.

Mede Suid-Afrikaners;

`n Hele aantal Afrikaner organisasies, insluitende die ATKV, het die afgelope tyd hul kommer uitgespreek oor respek vir hulle simbole, diskriminasie teen Afrikaner inisiatiewe, ensovoorts. Maar as ons kyk na die wye ondersteuning wat Springbokrugby ontvang het, vra ek of ons nie meer moed en vertroue in hierdie land moet he nie.

Die gewone mense het tydens die Wereldbekereindstryd op Ellis Park vir kulturele en politieke leiers `n voorbeeld van volwassen- heid, verdraagsaamheid en versoening gestel. Hulle het vir ons bewys dat daar inderdaad ruimte is vir `n verskeidenheid van kultuur- belewenisse en kultuursimbole solank as wat een kultuur nie probeer om aan eksklusiewe bevoorregting, rassisme en chauvinisme vas te hou nie. Die grootste rykdom in ons land is nie goud nie, maar ons mense en die verskeidenheid van hulle kulture en tale.

In die eerste jaar van `n demokratiese regering is daar beslis nie roekeloos gewerk met die monumente en simbole van Afrikaners nie. Waar daar wel naamsveranderinge plaasgevind het, is dit met verantwoordelikheid gedoen; nooit om aanstoot te gee nie. Dit was nog altyd my oortuiging dat dit die gees is waarin ons hierdie saak moet aanpak. Ek dink dat u met my sal saamstem dat daar veranderinge moet wees, maar weereens is dit `n kwessie van onderhandeling, samespraak en samewerking.

In die lig van hierdie positiewe ontwikkelinge was ek tog ietwat verbaas om te verneem dat die ATKV sy kommer uitgespreek het oor die sogenaamde stereotipering van die Afrikaanssprekende in die oe van ander kultuurgroepe.

Dit is eenvoudig nie waar dat alles wat verkeerd was in ons land net voor die Afrikaner se deur gele word nie. Uit my eie opmerkings vandag en die hele rigting waarin ons land beweeg is daar geen rede om te vrees vir `n sogenaamde heksejag teen sekere kultuurgroepe nie.

Ek is een van die sterkste ondersteuners vir nasie-bou en ver- soening. Maar nie vir goedkoop versoening nie; om werklik `n Suid- Afrikaanse nasie te bou moet ons nie probeer om die onderdrukking van die verlede te ontken nie. Hoe pynlik en ongemaklik dit ookal vir sommige van ons mag wees. Ons moet erken wat onder apartheid verkeerd gegaan het; en ons moet dit regstel en SAAM vorentoe beweeg.

Ek het in my inhuldigingstoespraak as President gese dat dit nooit weer mag gebeur dat een Suid-Afrikaner teen `n ander dis- krimineer nie; dat een Suid-Afrikaner die ander onderdruk, uitbuit of minag nie. Ons almal moet nou ons koppe oplig en ons regte as volwaardige Suid-Afrikaners vir onsself toe eien. Rassisme moet finaal begrawe word. Die beste manier is vir die ATKV om as kul- tuurorganisasie met volle toewyding deel te neem aan die Heropbou en Ontwikkelingsprogram.

Suid-Afrika behoort aan almal wat in hierdie pragtige land van ons woon. Slegs indien ons bereid is om eie belang ondergeskik te stel aan die groter belang van Suid-Afrika kan daar `n toekoms vir ons almal wees - ook vir die Afrikaanse taal en kultuur.

Dit is ons almal se taak om seker te maak dat die diep wonde van apartheid genees. Deur hande te vat en saam te werk KAN ons `n gesonde en geintegreerde gemeenskap opbou.

Dankie.
Issued by: Office of the President


back