10 Februarie 2004
Dankie
Witvrese vir Swartregering
Hoe hoër ñ boom meer kritiek
maar daar deur is u nog
steeds die hoogste met u hoë profiel.
Met u as die hoogste van alle bome
met jou lang wortels wat uitreik
na ander bome wat nog steeds op kyk na u.
Geen vrese vir parasitisme want die
andere het u gehelp groei
met minder bome wat apart is
het die reënboog meer klewend geraak.
Met die genade van die Here hoop ons
U nog jare by ons sal bly.
Dankie
Thabo Mbeki
Agbare President,
Hierdie gedig is geskrywe en opgedra aan u deur Bradley Darries, ñ graad 12 student aan die Gerrit du Plessis Hoërskool nadat hy na u Staatsrede verlede Vrydag, 6 Februarie geluister het.
Die mense van die Langeberg gebied sê dankie.
Agbare Speaker, Agbare lede van die kabinet, lede van die parlement.
Waar kry ons ñ land waar eertydse aartsvyande nou om die tafel sit en die toekoms van ons pragtige land en sy mense bespreek, beplan en ook self help uitvoer.
Watter land se mense vergewe so maklik wanneer sy nasionale spanne soos, bv, sokker, rugby en krieket so swak vaar in internasionale kompetisies, maar dat ons dadelik begin werk daaraan om te verbeter en te wen by die volgende.
As ñ land is ons vasberade om bo uit te kom.
Net so seker is ek dat ons die 2010 Wêreld Beker Sokker bod sal kry.
Ons het die kapasiteit, die infrastruktuur, die tegnologie ens., om ook hierdie toernooi suksesvol aan te bied.
Agbare lede,
In 1994 het ons ñ regering geërf wat swartmense verhinder het om wetenskap en tegnologie te studeer.
Wanneer ons as kinders Standerd 10 gedoen het, kon jy verseker wees dat daardie kind ñ onderwyser of predikant word.
Standerd 8 vir seuns het gewoonlik beteken ñ ambagsman as messelaar, skrynwerkers, ens.
Die land en regering wat on geërf het, was gestruktuur om die land se militêre masjiene tegnologies aan die gang te hou.
In 1994 begin die ANC regering om hierdie prent te verander deur van die militêre fasilitiete te omskep tot voordeel van almal - nie net vir Suid-Afrika nie, maar ook vir Afrika.
President Mbeki,
In die jaar 2000 sê u in u Staatsrede dat spesiale aandag moet geskenk word aan die kritiese tekort van wiskunde, wetenskap sowel as taal onderwysers, sowel as die eise van die nuwe inligting tegnologie.
Ministers Asmal en sy departement het dadelik aan die werk gespring en vroeg in 2001 die Nasionale Strategie vir wiskunde, wetenskap en tegnologie opleiding geloods.
Deel van hierdie Strategie fokus op vroue en die platteland. Ons kan terug kyk en met trots sê ñ merkbare en positiewe verandering het plaasgevind.
Laat my toe om alle betrokkenes dankie te sê: die departement van onderwys, onderwysers en dosente, die studente en al hul ouers.
Dus sien ons dat die ANC regering sy vinger op die pols het en die hersiening sal toepas indien nodig.
Ons het met navorsing en ontwikkling in elektronika begin om die elektroniese media te bevry en kan vandag sê dat meer van ons mense nou toegang het om na programme van hulle keuse en tale te luister en kyk as ooit tevore.
Destyds was een klopjag na die ander op die gemeenskapsradios uitgevoer in ñ poging om te verhoed dat ons mense na hulle programme kan luister.
Vra maar vir die mense van Bush Radio.
Vandag is daar meer as 40 gemeenskspsradios en die einde hiervan is nog nie in sig nie.
Ons het onlangs ook die MDDA gestig om te sorg vir ondersteuning onderandere vir gemeenskapsradios.
Natuurlik is dit nie genoeg nie - meer moet gedoen work en ek glo dat hierdie ANC regering verbind is om meer te doen en sommer vinniger ook.
Maar dit kan nie alleen gedoen word nie en slegs wanneer die publiek, die privaatsektor en regering saamwerk kan dit gebeur.
Ons moet ñ vennootskap vorm met die mense van Suid-Afrika - insluitend die privaatsektor om werk te skep en saam die grense van armoede terug te stoot.
So, betaal vir dienste gelewer, beskerm wat joune is teen vandaliste, misdadigers, ens.
President Mbeki
In 1996 in u beroemde " I am an African" toespraak het u baie mense gedwing na u diepgaande selfondersoek.
Baie agbare lede het oor hul voete geval om dit te beaam, self die wat nie ñ idee gehad het waaroor dit gaan nie.
ñ Vriend van my aantwoord so daarop: Ek is gebore in ñ Karoodorpie genaam Zoar, skool gegaan en groot geword daar.
Myself na die Kaapse vlakte begewe terwyl ek gehoop het vir ñ job. Manenberg om presies te wees.
Ja ek praat Afrikaans - my moedertaal met ñ sleng. Ja ek is ñ African want ek vra nie wat my land vir my doen nie, maar wat ek kan en doen vir my land.
Natuurlik is ek ñ African.
Agbare lede, Mark Shuttleworth het sy plafon in sy lewe ge-identifiseer en suksesvol aan gepak met die hulp van tegnolgie.
Trots het elke Suid-Afrikaner hul vlagies gelig, gewys na die televisie skerm, saggies tog opgewonde gesê - kyk, ons vlag, daar is die vlag van Suid-Afrika.
Wie kan vergeet van Mnr Vylani - eens ñ gewone veewagter en dan amptenaar van die Nasionale Parkeraad wat sy plafon aangedurf en oorwin het - die berg Everest.
Die traan van trots wat menig van ons weggevee het toe Mnr Vylani die Suid-Afrikaanse vlag om sy skouers laat wapper het.
Hy het wetenskap en tegnologie gebruik om hom voor te berei in die uitvoering van sy taak.
Volgende week vertrek die absolute trots van Suid-Afrika, nee van Afrika - die 15 jarige Nomatemba Kontyo van Khayelitsha na Kalifonië-Amerkika om deel te vorm van die Studente Ruimtevaarder Program.
Sy verteenwoordig Afrika nadat sy aan ñ internasionale kompetisie deelgeneem het.
Sy is in graad 10 en haar gunsteling vakke, natuurlik, is wiskunde en wetenskap.
Nomatemba was in graad 1 toe die ANC aan bewind gekom het in 1994 en u sien dus die goue draad wat daar deur loop tot nou toe.
Ons het natuurlik ook ñ bod ingesit vir die bou van ñ reuse internasionale teleskoop wat geleë sal wees in the Noordkaap. Indien suksesvol, sal dit broodnodige werkskepping bring en finansiele inspuiting vir hierdie gebied wees.
Ons agbare lede, kan u sien dat ñ beter lewe op ñ daaglikse basis op verskillende fronte plaasvind.
Nou het ons daardie kontrak, daardie ooreenkoms tussen alle rolspellers nodig om te verseker ons doen dinge vinniger, beter en vir meer.
President Mbeki,
Marietta Strys - ñ graad 11 student, ook van die Gerrit du Plessis Hoërskool sê die volgende van u.
Thabo Mbeki is die President van ons land
want deur hom vorm ons in Suid-Afrika ñ sterk band.
Hy sê nooit nee nie en help waar by kan
want ons in Suid-Afrika is ñ uitgebreide span.
Hy is altyd betrokke as rampe ons tref.
Hy is soos ñ pappa, het julle dit besef.
Hy is soos ñ plant wat aanhou groei
en maak die lewe vir ons beter as die son so gloei.
Langeberg, Kaapse vlakte, Weskaap, Kwazulu-Natal, besluite reg - stem reg - stem vir ñ beter lewe - word deel en bly deel van die volks kontrak om werk te skep en armoede te beveg.
Vergeet van die uitgediende IVP - vergeet van die Herstigte DP. Stem vir die wen party - stem vir die mense se party - stem ANC.