NOORD-WESKUS VERWELKOM ANC PRESIDENT

Issued by: ANC Western Cape

Die ANC Noord-Weskus is trots daarop dat ons President, Thabo Mbeki op Vrydag 23 April die ere-burgerskap van die Vredendal Stadsraad sal ontvang.

As ANC-lede het ons volle vertroue in sy leierskap en vermoe om saam met ons die Wes-Kaap vir die ANC te wen. As President van SA sal hy die land en die provinsie op die wenpad plaas en verandering sal vinniger geskied.

Die ANC Noord-Weskus is trots op wat ons Raad bereik het. In November 1995 is hulle gekies om die mense van Vredendal te bedien. In minder as vier jaar is baie hoogtepunte bereik:

'n Begin is gemaak, maar daar is nog baie werk en probleme wat ons in die gesig staar:

Verandering moet nou vinniger geskied. Vredendal en die hele Noord-Weskus moet ANC stem om die Wes-Kaap te bevry.

Meer en meer mense besef dat die NP besig is om te verkrummel. Elke dag verlaat selfs jeugleiers, organiseerders, raadslede en selfs ministers die party. Die meerderheid sluit aan by die ANC. Die Kaap is aan die draai.. Dis Didelik!

THABO MBEKI ontvang ere-burgerskap van Vredendal

Vrydag 23 April

Aankoms 10:30vm

Toekenning 12:15nm

Op hoek van Voortrekker en Kerkstraat

Issued 20 April 1999